Gedurende die winter vakansie, bied ons 'n gratis JEUGFEES vir tieners aan vir 'n week. Ons kry spesiale sprekers van verskillende gemeentes af om te kom gesels oor spesifieke temas.
Die KINDERFEES word 'n week later aangebied vir Gr.0-6. Vol program elke dag vir 5 dae. Vanaf speletjies, sport, voorsang, kuns en groep werkies. Etes word gegee, 100 kinders gaan gratis (kinders vanaf behoeftige gesinne, kinderhuise ens). Die publiek kan ook kom vir 'n minimale bedrag. Donasies word benodig om dit moontlik te maak.
Besoek ons JEUGWEEK webtuiste vir meer inligting.... WWW.JEUGWEEKSECUNDA.CO.ZA